
BADISA is 'n Tswana woord wat "herder" en "versorger" beteken. Dit is ook die naam van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland) se welsyns- en ontwikkelingsorganisasie. Die naam is ’n samevoeging van BARMHARTIGHEID, DIENS/DIAKONAAT en SAAM. BADISA is 'n familie van programme wat in die naam van Christus in gemeenskappe barmhartigheid bewys. Hierdie 160 programme lewer dienste aan mense en gemeenskappe in nood en fokus op: Kinders en Gesinne Vroue Ouer persone Gestremde persone Middelafhanklikheid (drank en dwelms) MIV/Vigs en Noodleniging en Armoedeverligting BADISA bedien jaarliks meer as 1 miljoen begunstigdes in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap.
|