1. Wat is BADISA-sel?
BADISA–sel is ‘n projek om fondse te werf om armoede te bestry. En uit erkenning vir die maandelikse skenking ontvang die intekenaar daagliks ‘n inspirerende Bybelvers.
2. Hoe teken mens in op BADISA-sel?
Om in te teken is baie eenvoudig. SMS die woord BADISA na 33903.
In reaksie op die SMS sal jy ‘n telefoonoproep ontvang met ‘n uitnodiging om ‘n debietorder ten gunste van BADISA te teken. Nadat die debietorder voltooi en geaktiveer is, sal ‘n inspirerende Bybelvers daagliks per SMS aan jou gestuur word.
3. Hoeveel kos dit om op BADISA-sel in te teken?
Jy kan vir so min as R29.95 op BADISA-sel inteken. Die debietorder kan egter enige ander bedrag groter as R29.95 wees. Hoe groter die bedrag, hoe meer help jy BADISA om armoede te bestry.
4. Kan mens vir iemand anders op BADISA-sel inteken?
Ja, iemand wat wil inteken kan ook ander persone nomineer om die Bybelvers daagliks te ontvang. Daarom is BADISA-sel ‘n ideale geskenk aan ‘n familielid of vriend(in).
SMS steeds die woord BADISA na 33903 en vul dan op die debietorder die besonderhede van die familielid of vriend(in) op die gepaste plek in.
Die koste om iemand anders te nomineer om die Bybelvers te ontvang, is dieselfde as om persoonlik in te teken.
5. Gaan die geld vir BADISA-sel van my selfoonrekening af?
Nee, die skenking aan BADISA om armoede te bestry, word deur ‘n debietorder van jou bank- of spaarrekening aan BADISA verhaal en nie van jou selfoonrekening nie.
Die enigste selfoonkoste is om die woord BADISA na 33903 te SMS.
6. Word plaaslike programme deur BADISA-sel bevoordeel?
Ja, elke program wat intekenaars werf, word deur BADISA-sel bevoordeel, aangesien die winste van daardie intekenaars direk na die program gekanaliseer word.
7. Wat is programme se unieke verwysingsnommer?
Klik hier vir 'n lys van programme se unieke verwysingsnommer.