BADISA is ’n vereniging wat deur die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland) gestig is as ’n gesamentlike bediening.
Die kantore van BADISA se Bestuursprogram (hoofkantoor) is geleē in Pastoriestraat Bellville.
Deur BADISA dien die kerke die breë gemeenskap.
Volgens die jongste syfers is slegs 24.1% van die begunstigdes is lidmate van die NG Kerk of die VGKSA.
BADISA bereik jaarliks byna drie maal meer mense as totale aantal lidmate van die twee kerke.
Volgens ’n onlangse sensus is die totale bevolking van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap iets meer as 12.5 miljoen persone. BADISA raak dus in die drie provinsies jaarliks die lewe van 8% van die bevolking met die verskillende dienste en programme.
Lees meer oor BADISA:
|