AFRIKAANS ENGLISH

$quote
Armoede

Die Departement vir Armoedebestryding en Noodleniging glo "saam bereik ons meer".

Daarom is die doel om gemeentes met bronne te koppel aan gemeentes en gemeenskappe wat in armoede of nood verkeer. Netwerke word só geskep om armoede te beveg en nood te lenig.

In samewerking met BUVTON doen BADISA opleiding in die ringe om gemeentes toe te rus om gemeenskapsbehoeftes te identifiseer en om programme en projekte vir armoedebestryding te ontwikkel en te bestuur.

Voorbeelde van die projekte om armoede te bestry is in Touwsrivier waar daar gewerk word aan ’n projek om roos- en laventel-olie te produseer en in Humansdorp aan ’n steenmaakprojek. In Beaufort-Wes is gesinne opgelei om tuis groentetuine aan te lê.

Met brande en oorstromings in informele gemeenskappe is beperkte finansiële en ander hulp namens die kerke aangebied.

JoJo     

BADISA Spieel Februarie 2010
Sondag van Barmhartigheid
BADISA Spieël, Okt 2008

BADISA Xtreme Challenge in ons projekte afdeling

BADISA Ledevergadering in ons mense
 
© 2006 BADISA
Ontwikkel en aangevuur deur www.givengain.com
Alle regte voorbehou.
Meer oor ons | Kontak ons | Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik