Sommige programme van BADISA het dagsorg vir gestremde persone in die gemeenskap.
Residensiële programme voorsien versorging, opleiding, werkskepping en bystand aan gestremde volwassenes en kinders.
Programme vir gestremdes sluit die versorging van blindes – Instituut vir Blindes (Worcester), verstandelik gestremdes - Alta du Toit nasorg en Immanuel Sentrum (Steinkopf) en intellektueel gestremdes – Eljada Instituut (Oudtshoorn).
Die NG Kerk en VGK het oor jare heen verskeie skole vir gestremdes tot stand te bring. Die kerkskole het in die jare 90 staatskole geword. Die kerk behou wel ’n band met die skole deur kerklike verteenwoordigers of ontwikkelingskantore. Hierdie skole sluit in: Jan Kriel, Alta du Toit, Pionier, Paarl Skool, Eljada Opleidingsentrum, Nuwe Hoop Sentrum en Bet El Skool.
|