AFRIKAANS ENGLISH

$quote
MIV / VIGS


In Suid-Afrika is daar 5.3 miljoen persone met MIV/vigs en 1.1 miljoen vigswesies. Volgens die Mediese Navorsingsraad sterf daar meer as 530 000 persone jaarliks aan vigs of vigsverwante siektes.

Verskeie maatskaplikediensprogramme het MIV/vigs projekte. Hierdie projekte fokus op:

  • Afbreek van onkunde en stigma oor MIV/vigs;
  • Ondersteuning aan persone wat positief toets en die voorkoming van isolering; 
  • Voedsel voorsiening aan persone met MIV/vigs wat in armoede leef.

Sothemba Vigsaksie se primêre doel is MIV/vigs-dienste in die noordelike voorstede van Kaapstad.

Dit sluit die volgende in: Vrywillige toetsing, Portuur opvoeding, Berading, Ondersteuningsgroepe, Sorg vir die versorger, Opvoeding en voorkoming.

Uitstallings word gehou en daar word deelgeneem aan verskeie MIV/vigs dae soos Wêreldvigsdag.
Sothemba is in vennootskap met AfriSida wat ’n program Kerk en Besigheid teen Vigs bedryf. Dit is ‘n baie suksesvolle program.

 

BADISA Spieel Februarie 2010
Sondag van Barmhartigheid
BADISA Spieël, Okt 2008

BADISA Xtreme Challenge in ons projekte afdeling

Bestuursprogram in ons mense
 
© 2006 BADISA
Ontwikkel en aangevuur deur www.givengain.com
Alle regte voorbehou.
Meer oor ons | Kontak ons | Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik