AFRIKAANS ENGLISH

$quote
Wie is BADISA?

BADISA is 'n kerkgebasseerde nie-regeringsorganisasie (NRO 011-981) en openbare weldaadsorganisasie (PBO 930006348).

Voor 2003 het die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland) het elk hulle eie barmhartigheidsbedieninge gehad.

Die barmhartigheidsbediening van die NG Kerk was bekend as NG Kerk Maatskaplikedienste of CMR. In die VG Kerk het dié diens as Diakonale Dienste bekend gestaan.

In 1999 het die kerke begin onderhandel om die werksaamhede te amalgameer. Op 28 Januarie 2003 het die kerke ooreengekom om 'n gesamentlike bediening te loods wat as BADISA bekend sou staan. BADISA het op 1 April 2003 met sy werksaamhede begin.

BADISA werk in die sinodale gebied van die VGKSA (Kaapland) wat die Wes-, Oos- en groot dele van die Noord-Kaap insluit.

BADISA het 150+ programme wat dienste lewer aan:

  • Kinders deur bv. voorskoolse programme, straatkindprojek, kinderhuise;
  • Jeug deur bv. vaardigheidsprojekte;
  • Gesinne deur bv. ouerskap, voorkoming van kinder-verwaarlosing en mishandeling;  
  • Bejaardes deur bv. tehuise en dienssentrums;
  • Gestremdes en Verslaafdes deur bv. residensiële en ander ondersteuningsprogramme,
  • Voorkoming van MIV en vigs.
Uit & Tuis
BADISA Spieel Februarie 2010
Sondag van Barmhartigheid
BADISA Spieël, Okt 2008

BADISA Xtreme Challenge in ons projekte afdeling

Bestuursprogram in ons mense
 
© 2006 BADISA
Ontwikkel en aangevuur deur www.givengain.com
Alle regte voorbehou.
Meer oor ons | Kontak ons | Vertroulikheid | Sekuriteit | Wetlik