BADISA is ‘n vrywilliger -gebasseerde organisasie, want die programme van BADISA het grootliks ontstaan deur projekte wat vanuit die gemeentes of gemeenskappe deur vrywilligers geinisieer, gedryf en volgehou is. BADISA programme word bestuur deur vrywilligers wat op die beheerrade dien en die leiers is van die organisasie. Verder word vrywilligers benut in dienslewering, administrasie en fondswerwing om die kapasiteit binne die organisasie aan te vul.
Vrywilligers word plaaslik, nasionaal en internasionaal gewerf. BADISA het beleid en procedures ontwikkel om vrywilligers effektief te bestuur. Vrywilligers is die ambassadeurs van BADISA en speel ‘n baie belangrike rol in die bemarking en beeldbou van die organisasie.