BADISA het 47 tehuise vir bejaardes en 27 dienssentrums.
Die tehuise bied bekostigbare behuising en versorging aan ouer persone.
Die tehuise is ook 'n heenkome vir hawelose of mishandelde ouer
persone. BADISA het 4800 bejaardes wat in tehuise versorg word.
Sekere tehuise bied ook respyt- en dagsorg.
Die dienssentrums bied ondersteuningsdienste aan bejaardes wat steeds
in die gemeenskap woon.
Hierdie dienste sluit in die verskaffing van maaltye, skoonmaakdienste,
mediese- en pastorale sorg, sport- en sosiale aktiwiteite.
Die dienssentrums lewer ook maatskaplikewerkdienste om die gesinne te
ondersteun en die ouer persone te beskerm teen uitbuiting en mishandeling.
BADISA bereik jaarliks ongeveer 5000 bejaardes deur die dienssentrums.
Sommige dienssentrums het ook tuisversorgingsprogramme waar versorgers siek
en kwesbare ouer persone in hul huise versorg.
Die maatskaplikewerkprogramme hou bewusmakingsveldtogte vir die
voorkoming van MIV en Vigs en ander seksueel oordraagbare siektes.
Die Sothemba Vigsaksiegroep lewer ondersteuningsdienste aan persone
geïnfekteer en ge-affekteer deur MIV en Vigs