BADISA het 52 maatskaplikewerkkantore wat dienste lewer aan gesinne in
nood.
BADISA bied ouerleiding om ouers te ondersteun in hul taak om hul
kinders en familie met liefde te koester en te versorg en om 'n
veiligheidsnetwerk in die gemeenskaps te skep om kinders te beskerm.
BADISA lewer voorkomingsen terapeutiese dienste aan gesinne in nood
en is gefokus op die versterking en die uitbouing van gesonde gesinne.
Vir jong dames met krisis-swangerskappe voorsien BADISA 'n reeks
dienste wat relevante inligting en berading insluit.
'n Residensiële program voorsien sorg aan swanger en getraumatiseerde
vroue.
Gesinne wat kinders wil aanneem, kan die Magdalenahuis nader en
aansoek doen. Hierdie program hanteer ook herkomsnavrae soos deur wetgewing
bepaal word.