Die maatskaplike werkers hanteer die aanmeldings in die gemeenskappe van hawelose, behoeftige of mishandelde gestremde persone.
Die personeel is verantwoordelik om hierdie aanmeldings op te volg, die omstandighede te assesseer en om die persone te verwys na nasorgsentrums.
BADISA het drie nasorgsentrums vir volwassenes met intellektuele en/of fisiese gestremdhede.
Hierdie programme bied residensiële versorging, mediese- en terapeutiese dienste en pastorale sorg aan die inwoners.
Die programme het ook werkwinkels waar die inwoners binne 'n beskermende omgewing vaardighede aanleer of kontrakwerk doen om konstruktief besig te wees en 'n inkomste te genereer.
Die Instituut vir Blindes het uit drie tehuise vir volwassenes en een vir bejaardes met siggestremdheid.
Hulle het ook nywerhede wat bestaan uit 6 werkwinkels en 2 winkels wat werk verskaf aan ongeveer 200 siggestremdes.
Die Instituut bied ook verskeie opleidingsprogramme, sport en ander aktiwiteite aan en is die borgliggaam vir die Pionierskool vir leerlinge met siggestremdheid.
Namens die kerk het BADISA borgkomitees by skole vir kinders met spesiale opvoedingsbehoeftes, nl by Alta du Toit en Jan Kriel.