BADISA het reeds 26 geregistreerde kleuterskole wat fokus op vroeë
kinderontwikkelingsprogramme vir behoeftige kinders.
Kinders ontwikkel tussen geboorte en die ouderdom van 9 jaar die
vinnigste en in hierdie tydperk word die basis van leer en
waarde-ontwikkeling vasgelê.
Vroeë kinderontwikkeling is 'n geïntegreerde program wat fokus op
beskerming, voeding en opvoeding van voorskoolse kinders.
Die kinders se immunisering en geboorteregistrasie word ook hier
gemonitor en ouerskapsopleiding word aangebied.
Die kinderwet skryf die vereistes voor vir die registrasie en die
program van kleuterskole.
Daar is toenemend 'n behoefte vir ontwikkelingsprogramme vir
voorskoolse kinders in die arm gemeenskappe en die maatskaplikewerkkantore
poog om tuisonderrig en dagsorg te vestig deur die nodige bronne en middele
te verskaf.
Die kantore identifiseer ook ongeregistreerde kleuterskole en begelei
hulle in die proses van registrasie en bied ondersteuning i.t.v. die bestuur
en die program vir die kinders.