Verander lewens

Rissie Jacobs sit oorkant my.  Twee koppies koffie op die tafel tussen ons.

Sy praat uit die hart en openlik. Oor haar liefde vir en grenslose vertoue in haar Support System.  Deur die jare van dwelmverslawing, swak verhoudings en die verwydering van haar kinders. ‘n Jarelange kliënt van BADISA, al van CMR se dae. Oor Renee, haar maatskaplike werker sê sy: “She could get the best out of me. Regtig. Sonder haar was ek al defnitief dood.” Daar is ook tannie Helette wat verskriklik lief vir haar was. En natuurlik God, veral wanneer sy bang was.

Badisa eNews Mailer

Signup for our monthly newsletter!