Tuisblad Wie is Ons
Wie is Ons
  • BADISA is geregistreer as 'n nie-winsgewende organisasie, NPO 011-891 en as 'n openbare weldaadsorganisasie, PBO 930 006 348.
  • Die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-en Suid-Kaap) en die Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste van die VG Kerk in Suider-Afrika (Kaapland) het in 2003 besluit om hulle maatskaplikediensprogramme te amalgameer in 'n gesamentlike bediening, nl BADISA.

Die BADISA programme (residensieel en gemeenskapsgebaseerd) lewer dienste in verskeie dorpe/distrikte in die Oos-, Noord en Wes Kaap. Werksooreenkomste wat tussen BADISA, ander welsynsorganisasies en die Departement Maatskaplike Ontwikkeling, asook opnamebeleid in die geval van residensiele programme, bepaal die presiese werkgebied.

BADISA is 'n kerk-gebaseerde maatskaplike-diensorganisasie wat dienste lewer in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap met die fokus op die versorging, ontwikkeling en behandeling van mense in armoede en in nood, ongeag ras, geslag of geloof. 

  • Die organisasie word bestuur deur 'n lederaad wat bestaan uit 41 lede. BADISA se lede is verteenwoordiger van beide kerke, sowel as verteenwoordigers van die streke. Die Lederaad vergader een keer per jaar gedurende die tydperk van die algemene jaarvergadering.

BADISA is deel van provinsiale en nasionale netwerke vir welsyn soos die WES-KAAPSE DIREKTEURE,FORUM, KERKLIKE MAATSKAPLIKE DIENSTE RAAD (KMDR), die NASIONALE ASSOSIASIE VAN WELSYNSORGANISASIES EN ORGANISASIES SONDER WINSOOGMERK (NAWONGO/WWO) en die Nasionale koalisie vir maatskaplike dienste(NACOSS).

Personeel: aangeheg

  • BADISA het 'n personeelbeleid en al die personeel van die programme insluitend die Bestuursprogram, word volgens hierdie beleid bestuur.
  • In die beleid word die diensvoordele, die dissiplinêre prosedures, asook die grieweprosedures wat BADISA volg, uiteengesit.

Finansies

Elke program is 'n selfstandige finansiële eenheid en word as sodanig bestuur. Wanneer 'n spesifieke program om welke rede ookal nie meer finansieel volhoubaar is nie, word daar oor die program se voortbestaan besluit sonder dat dit die ander programme van BADISA of die organisasisie as geheel benadeel. Fondse word nie tussen programme geskuif om die volhoubaarheid van 'n program te verseker nie.

Die Jaarverslag van Badisa kan hier afgelaai en gelees word. Klik hieronder.

Badisa eNews Mailer

Signup for our monthly newsletter!