- BADISA is geregistreer as 'n nie-winsgewende organisasie, NPO 011-891 en as 'n openbare weldaadsorganisasie, PBO 930 006 348.
- Die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-en Suid-Kaap) en die Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste van die VG Kerk in Suider-Afrika (Kaapland) het in 2003 besluit om hulle maatskaplikediensprogramme te amalgameer in 'n gesamentlike bediening, nl BADISA.
- Die kerk se barmhartigheidsbediening gaan sover terug as 1950 toe die eerste Christelike Maatskaplike Raad tot stand gekom het en 1960 toe die eerste Diakonale Dienste Tak gestig.
- BADISA is 'n afsonderlike organisasie is met 'n eie regspersoon.
- Die organisasie lewer verslag aan die kerke en die kerke hou toesig oor die organisasie.
- BADISA is ʼn voertuig vir die gemeentes se barmhartigheidsbediening en gemeentes moet mede-eienaarskap vir die programme aanvaar.
Naam en Embleem
Die naam BADISA is 'n samestelling van die woorde Ba-rmhartig, Di-ens/Di-akonaat en Sa-am. Die emblem bestaan uit twee figure wat saamgebind word deur 'n sentrale kruismotief.

Kontak Ons
eNews
Login