Die finansiële bestuur van elke program geskied binne die raamwerk van die beleid van BADISA en statutêre bepalings wat van toepassing mag wees. Elke program stel jaarliks 'n begroting op wat ook aan BADISA se Bestuursraad voorgelê moet word. Elke program hou 'n stel rekenkundige rekords volgens die beleid van BADISA en die rekenkundige rekords word jaarliks geoudit deur 'n ouditeur wat BADISA aanstel.
Die programme betaal aan BADISA 'n administratiewe heffing wat aangewend word om die bestuursdienste gedeeltelik te finansier. Die heffing word jaarliks deur die Bestuursraad goedgekeur.
Die inkomstebronne vir die programme is dienstegelde (insluitend losies), bydraes deur gemeentes, staatsubsidie, borgskappe, fondsinsamelingsprojekte. Die programme mag fondse insamel en voorsieningsfondse instand hou.
Programme mag nie lenings aangaan, vaste eiendom vervreem, of oortrokke fasiliteite reël met banke sonder die toestemming van die Bestuursraad nie.
Theron Du Plessis is die onafhanklike ouditeure van BADISA.
Klik hier om die finansiële staat om af te laai
State aangeheg.
Batebestuur
Die meewerkende kerke het ooreengekom om die vaste bates (grond en geboue) nie oor te dra aan BADISA nie, maar dit teen R1-00 aan BADISA te verhuur. BADISA is verantwoordelik vir die versekering en instandhouding van die geboue, en enige verbeteringe wat aangegaan word, kan slegs geskied nadat vooraf goedkeuring van die eienaar verkry is.
Die kerke het ooreengekom om die meubels, toerusting en voertuie, asook fondse van programme aan BADISA oor te dra. BADISA reël 'n groepversekering waarby die programme ingesluit is. Elke program is verantwoordelik vir die premiebetalings. Elke program is ook verantwoordelik vir sy eie bate¬vervangings¬program.
'n Motorvloot waarvan die maatskaplikewerkprogramme deel is, word in stand gehou. Programme wat aan die vloot behoort, maak 'n vasgestelde jaarlikse bydrae tot die vloot en motors word aan hierdie programme voorsien.
Kontak Ons
eNews
Login