BADISA het ten doel om
- gemeentes by te staan in hulle barmhartigheidsbediening deur die ontwikkeling en versterking van die gemeentediakonaat,
- maatskaplikediensprogramme en gemeenskapsontwikkelingsprogramme in gemeenskappe te ontwikkel. Hierdie dienste sluit gemeenskapsontwikkelingswerk-, maatskaplikewerk- en/of residensiële sorgprogramme in.
Visie Christelike Barmhartigheid – ons is 'n naaste van elkeen in nood.
Missie
BADISA as die barmhartigheidsbediening van NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VG Kerk (Kaapland) is waardegedrewe met Jesus Christus as voorbeeld.
BADISA is 'n organisasie sonder winsoogmerk wat in samewerking met gemeentes en ander rolspelers:
- Uitnemende professionele -, vakkundige - en ondersteuningsdiens aan mense en gemeenskappe in nood lewer.
- Ontwikkelingsprogramme daarstel wat ten doel het om verbruikers/kliënte in staat te stel om optimaal te funksioneer.
Waardes
1. Diensbaarheid:
- Ons lewer diens aan mense in nood na die voorbeeld van Jesus Christus, die groot Barmhartige.
- Streef daarna om 'n relevante, bekostigbare kwaliteit diens te lewer.
- Ons stel die verbruiker/kliënt se belange, regte en nood eerste.
- Ons diens is toeganklik vir alle mense ongeag ras of godsdiens.
2. Geregtigheid:
- Ons wil almal billik en regverdig behandel en alle vorme van diskriminasie vermy.
- Mede-personeel en verbruikers van die diens sal te alle tye met waardigheid en respek behandel word.
- Regstellings en aanpassings sal altyd met die grootste verantwoordbaarheid, deursigtigheid en op meriete geskied.
3. Uitnemendheid:
- Ons wil die heel beste diens vir die verbruiker/kliënt bied, daarom sal elke personeellid hul pos waardig en getrou wees.
- Ons wil kwaliteitdiens lewer wat onder andere behels dat keerdatums nagekom, dokumente goed versorg en dienste goed beplan word.
- Ons dienste sal relevant, volhoubaar en doeltreffend wees.
- Ons sal 'n deelnemende bestuurstyl handhaaf en in 'n span saamwerk in alle vlakke van die organisasie om sodoende 'n positiewe gees en kultuur te skep.
- Ons sal effektiewe kommunikasie op alle vlakke van die organisasie handhaaf.
4. Rentmeesterskap:
- Ons sal die mense, finansies en bates wat tot BADISA se beskikking gestel word, verantwoordelik en eerlik bestuur.
- Ons sal ter wille van deursigtigheid rekenskap gee oor inligting wat aan ons toevertrou is, aan enigeen wat daarop geregtig is.
- Op alle vlakke van die organisasie word persone, byvoorbeeld personeel, beheerraadslede en vrywilligers, aangemoedig om persoonlike verantwoordelikheid te neem vir hul optredes in die uitvoering van hul onderskeie funksies/take.
- Ons sal te alle tye met integriteit optree.
Kontak Ons
eNews
Login