Tuisblad Wie is Ons Personeel en Kapasiteitsbou

Personeel en kapasiteitsbou

Personeel: aangeheg

  • BADISA het 'n personeelbeleid en al die personeel van die programme insluitend die Bestuursprogram, word volgens hierdie beleid bestuur.
  • In die beleid word die diensvoordele, die dissiplinêre prosedures, asook die grieweprosedures wat BADISA volg, uiteengesit.
  • BADISA bepaal ook jaarliks 'n vergoedingsriglyn met 'n minimum en maksimum salarisskaal per pos .
  • Elke program besluit self oor die postestruktuur wat nodig is en hanteer self die werwing, keuring en aanstelling van die personeel.
  • Die program besluit ook self oor die vergoedingspakket en hanteer self die griewe van personeel.
  • Die program is ook verantwoordelik vir die prestasiebestuur en dissipline van die personeel.
  • Wanneer personeel in bestuursposte aangestel word, word dit in oorleg en met die goedkeuring van BADISA gedoen.
  • BADISA besef die belangrikheid van opleiding en die ontwikkeling van kennis en vaardighede ten einde relevante kwaliteit dienste te lewer.
  • Daarom word supervisie, praktykleiding en opleiding in strategiese-, menslike hulpbron, finansiele bestuur en die verskillende aspekte van dienslewering aangebied.
  • BADISA bied ook die vlg kursusse aan vir indiensopleidig: 

Badisa eNews Mailer

Signup for our monthly newsletter!