Badisa se 16-Dae Emotikon

Die 16 Dae van Aktivisime vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders is ‘n internasionale bewusmakingsveldtog wat groot emosie op plaaslike bodem ontlok.

Suid-Afrika het die veldtog in 1998 aangeneem as een van hul intervensie-strategieë met die oog op ‘n samelewing wat vry is van geweld.

Hierdie jaar, wil Badisa, ‘n maatskaplike diensleweringsorganisasie, mense aanmoedig om hul emosies en ongeduld teenoor geweld op sosiale media te deel deur hul 16 Dae Emotikon van hul webtuiste (www.badisa.org.za) af te laai, dit uit te druk en ‘n foto van hulself met die emotikon te neem vir sosiale media.

Laai die emotikon in JPG-formaat af.

Laai die emotikon in PDF-formaat af.